100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

‘Dreamville’ kry ‘n ‘Take 2’ na Covid-jaar

Written by on July 29, 2021

Hoërskool Bergvlam se “Dreamville” word van 10 tot 13 Augustus aangebied by die skool en is ‘n mengsel tussen “Pretville” en “Hairspray”.
Dit is egter “Dreamville Take 2” omdat dit verlede jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer moes word.
Tamira Jamal en Caleb Hardnick het by Radio Laeveld in die ateljee kom kuier. Tamira vertol die rol van Dot, ‘n assistent by Salon Lukuveer, waar hulle hul neuse in almal se sake steek. Caleb speel Jacob, een van die “goeie ouens” en ‘n vriend van Dawid (Christo van der Walt). Hulle is ‘n groep beskeie en plat op die aarde jong manne, en Dawid probeer om die meisie van sy drome te kry.
Hulle is maar net twee van die vele karakters wat hul weg na die gehoor se harte sal oop dans, sing en speel.
Tamira en Caleb sê dit was vir hulle baie spesiaal om in hul matriekjaar deel van dié produksie te kon wees. Luister hier weer na hul gesprek met Gerhardt:

Kaartjiepryse vir die vertonings beloop tussen R50 en R80 en sluit ‘n hamburger in. Besprekings kan gemaak word by [email protected] of via WhatsApp aan 083-305-8752.


×