100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlammie Jeugmentors steek helpende hand uit na medeskoliere

Written by on August 6, 2021

Hoërskool Bergvlam het onlangs hul Jeugmentors vir 2021/22 aangewys. Dié groep tieners bied hul helpende hande, simpatieke ore en omgeeharte al sedert 2013 aan hul mede-Vlammies bied weens ‘n behoefte onder leerlinge vir ekstra hulp.
Die program is gebore omdat leerders nie altyd gemaklik is om met onderwysers te praat oor bv. huislike probleme nie, maar eerder met hul vriende – wat nie altyd die kennis het om leiding te gee nie.
Juf. Ané Bekker, wat die Jeugmentors bestuur, het saam met Naledi Ramushu en Malise de Villiers vir Gerhardt meer daaroor vertel.
Die keuring- en opleidingsproses is streng vir dié 25 leerlinge. Niemand is perfek nie, maar jy moet darem ‘n voorbeeld vir ander kan stel en die persoon wat iets aan jou toevertrou moet kan sien jou prioriteite is reg, verduidelik Bekker. Sy voeg by dat kuberafknouery al hoe meer kop uitsteek onder kinders.
Luister weer hier na die gesprek.


×