100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tweede kalfie by Care for Wild verwelkom

Written by on March 3, 2022

Vroeg Dinsdagoggend, 1 Maart, het River, ‘n witrenoster wat deur Care for Wild gered en gerehabiliteer is, geboorte geskenk aan haar eersteling.
River is in 2014 gered na haar ma deur stropers doodgemaak is. Sy is daarna deur leeus aangeval. Hoewel sy herstel het van die wonde, dra sy steeds die littekens van die aanval.
Haar bulkalfie se pa is ook Storm, wie se eie eersteling (‘n koeitjie wat intussen die naam Blizzy gekry het) op 13 Februarie aan Wyntir gebore is.
Beide Storm en Winter is as kleintjies deur Care for Wild gered. Lees meer hier:
Renosterkalfie geboorte maak geskiedenis
Dit maak Blizzy die eerste kalfie wat natuurlik verwek en gebore is aan twee ouers wat deur Care for Wild gered is na hul ma’s gestroop is.
Care for Wild stigter, Petronel Nieuwoudt, sê dit is ‘n groot oomblik vir die voortbestaan van die spesie, omdat geen van die nuwe ma-renosters deur hul eie ma’s grootgemaak is nie en wat nooit die gedragspatrone van wilde troppe aangeleer het nie.
Sy beskryf dit as die volgende hoofstuk in die geveg om renosters te bewaar.
“Dit was nog ‘n ongelooflik aangrypende oomblik vir die span,” sê sy oor die bulletjie se geboorte.
Sy beskryf River as vurig en baie beskermend teenoor haar trop.
Ontmoet die nuwe ma en kalfie hier: https://fb.watch/bwcsl7hbm0/
Hier leer Wyntir vir Blizzy meer oor modder op 25 Februarie.
“Haar moederlike instinkte is sterk en hoewel Wyntir nie haar ma gehad het om haar te lei nie, het Blizzy haar ma!” skryf Nieuwoudt by die video.
https://fb.watch/bwcvJ4Oqer/


×