100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee leeus in Martloth Park gevang

Written by on April 11, 2022

Twee van die losloperleeus wat sedert November in Marloth Park opgemerk is, is Vrydagaand suksesvol gepyl en geskuif.
Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) sê die jong mannetjie en wyfie het die afgelope maande as ‘n paartjie saam beweeg.

Dit is moontlik dat daar steeds drie leeus oor is van die oorspronklike vyf.
Berigte van waar hulle opgemerk word, is by tye teenstrydig.
Volgens Hobkirk is hulle gesonde diere wat mense moontlik nie as prooi gesien het nie, en is hulle dankbaar dat hulle nie ‘n voorval met mense veroorsaak het nie.
Lees ook: MTPA steeds op die spoor van leeus in Marloth
Die twee is in ‘n plek van veiligheid vanwaar hulle in die wild vrygelaat sal word.
Die MTPA wil enige oorblywende leeus ook uit die munisipale area skuif.
Inwoners en besoekers is gevra om op hul hoede te wees.
Lees meer: Hoe gemaak as jy ‘n leeu raakloop in Marloth Park

Een van die volstruise wat verlede week in Marloth Park leeukos geword het.


×