100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRACN4 Elands-marathon maak na 12 jaar ‘n terugkeer

Written by on February 23, 2022

Die Elands-marathon maak op 7 Mei, na 12 jaar se afwesigheid, sy terugkeer tot die Laeveld se hardloopkalender en vanjaar is TRAC aan boord as borg.
Nie net is dit die vinnigste kwalifiseringswedloop vir die Comrades, wat later vanjaar plaasvind, nie, maar dit is ook seer sekerlik een van die mooiste roetes.
Die 2022 TRACN4 Elands-marathon (voorheen bekend as die Elandsvallei-marathon) word hoofsaaklik op die N4 gehardloop. Die 42,2 km wedloop is vanaf Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven tot by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana.
Daar is ook ‘n halfmarathon (21,1 km) en 10 km.
Beth Bloch van Nedbank LVCC Running Club, wat dit aanbied, glo dit sal die beste Elands tot nog toe wees.
“Ons is oorgehaal om dit aan te bied en werk reeds hard agter die skerms om te verseker dit is ‘n buitengewone wedloop vir almal wat daaraan deelneem,” sê sy.
TRAC se kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê die wedloop sal hardlopers en gemeenskappe langs die roete bevoordeel.

“Dit is gewild vir die gesondheidsvoordele, maar is ook toeganklik as ‘n sport en daarom belyn met ons korporatiewe maatskaplike beleggings (CSI). Ons glo die herinstelling van die marathon sal sorg vir verskeie positiewe uitwerkings, ook ten bate van die gemeenskappe langs ons roete.”
Registrasie is slegs aanlyn en kan gedoen word by Raceinfo.co.za. Vroeë inskrywings sluit op 17 April en finale inskrywings 2 Mei.
Volgens die Covid-19-regulasies wat tans in plek is, sal deelnemers is groepe begin, maskers sal vereis word op busse sowel as by die begin en einde van die wedloop, en waterpunte sal ook volgens die reëls bestuur word.


×