100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ters-betalings weer goedgekeur vir restaurante

Written by on July 6, 2021

Eienaars van restaurante mag weer binnekort aansoek doen vir hulp met die betaling van salarisse.
Onder die aangepaste vlak 4-regulasies mag restaurante slegs wegneemetes bedien. ‘n Menigte kan nie ‘n genoegsame inkomste daaruit verdien om hul koste te dek nie en loop daarom die gevaar dat hulle hul deure sal moet sluit.
Daar is vandag aangekondig dat Ters-betalings weer goedgekeur is vir die bedryf. Aansoeke sal waarskynlik binne die volgende twee weke open vir uitbetalings vir Julie.
Dit is ‘n oorwinning vir elke restaurant-eienaar en werknemer.
Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) sê hulle werk reeds onverpoosd daaraan sedert pres. Cyril Ramaphosa verlede Sondag die aankondiging gemaak het.
Rasa voorsitter, Wendy Alberts, sê die regering het ‘n verantwoordelikheid teenoor restaurante, die grootste werkskepper in die toerismebedryf.
“’n Dag in ons lewe is soos ‘n jaar in ‘n munisipale werknemer s’n,” sê sy.
Luister weer hier na haar gesprek met Gerhardt:

Loer hier wat Laevelders doen om plaaslike restaurante én werkers aan die voorste linie te ondersteun:
https://www.facebook.com/radiolaeveld.ateljee/videos/560364418296087/
Eienaars kan Ronaldo John by Rasa vir meer inligting kontak oor Ters by 063-126-6758.


×