100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ryloper skiet glo twee wat hom probeer beroof

Written by on May 5, 2022

Twee mans wat vanoggend glo probeer het om ‘n ryloper vir wie hulle ‘n geleentheid aangebied het te beroof, is doodgeskiet.
Volgens die polisie het die verdagtes ‘n man op die N4 by Valencia opgelaai. Hulle was op pad in die rigting van Malalane. Hulle het afgedraai na Croc Valley, waar hulle hul passasier na bewering met ‘n mes gedreig het en probeer beroof het.
Volgens die polisie het die man toe beide aanvallers geskiet. Die een is op die toneel dood, terywl die ander een op pad na die hospitaal aan sy wonde beswyk het. Hulle is nog nie geïdentifiseer nie.
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê hul silwer VW Polo word moontlik aan ander soortgelyke voorvalle in die Nelspruit-omgewing verbind, waar rylopers beroof is.

Die vuurwapen, mes en voertuig is gekonfiskeer en twee geregtelike doodsondersoeke is geopen.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het mense aangemoedig om eerder nie duim te gooi nie, maar van veiliger vorme van vervoer gebruik te maak.


×