100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike sekuriteitsmaatskappy span saam om die Laeveld te beveilig

Written by on July 14, 2021

Daar is tans geen teken van oproerigheid in die Laeveld nie.
Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het egter besluit om met mekaar hande te vat om enige oproerigheid in die kiem te smoor. Ook die polisie, taxi-verenigings en sakeleiers werk almal saam om eiendom en belange te beveilig en te beskerm.
Callum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit, Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice en John Meintjes van ACS Sekuriteit en Nelspruit GPF bestuur die gesamentlike operasionele komitee (JOC).
MacPherson sê een van die groter uitdagings is die magdom inligting waarmee almal sit. Nou deel hulle dit onder mekaar om dit vinnig te kan verifieër.
“Wat nou gebeur is daar word kommer deur die publiek vir jou aangestuur en dit is baie natuurlik. Ons uitdaging is om dit geverifieër te kry en dit hinder die proses meer as wat dit help.
“Almal het nou besluit kom ons werk saam en tree saam op, ongeag wie se belang dit is. Ons is almal ewe in die moeilikheid as dit in KwaZulu-Natal of Gauteng se rigting gaan – en dit maak die pad vorentoe vir ons baie makliker om te bestuur om vinnig te verifieër wat waar en nie waar is nie.”
Gryvenstein sê tussen hulle drie kan hulle amper almal mobiliseer en hoop om so enigiets te kan stop voor dit gebeur.
Meintjes sê die samewerking is ongelooflik. “[Plunderaars] kan probeer, maar hulle gaan nie vêr kom nie.”
Hoewel hulle nie oral kan wees nie, is die grootste uitdaging paniek wat gesaai word deur die publiek wat boodskappe rondstuur wat nie geloofwaardig is nie.
Kortom, wees wakker en oplettend en gee deur dit wat jy self sien – die JOC sal dit verder neem.
Luister weer na hul gesprek met Ludi hier.


×