100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike mediese navorser in Ghana vereer

Written by on March 29, 2022

Dr. Eurika Mogane is die naweek met ‘n internasionale eretoekenning vereer by die Forty under 40 Afrika-toekennings.
Dit is in Ghana uitgeloof en Mogane het dit virtueel in ontvangs geneem.
Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak.
Hoewel Mogane in haar mediese navorsingswerk hoofsaaklik op gentika fokus, sê sy dit is haar passie om ander te bemagtig deur beter toegang tot inligting, iets wat ook die Golden Key Erevereniging se aandag getrek het.
Sy vertel vir Ludi en Mireille van haar pad tot hier, en wat is volgende.


×