100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellies-atlete skitter by nasionale byeenkomste

Written by on March 22, 2022

Hoërskool Nelspruit (NHS) se Juané le Roux het nie minder nie as drie nuwe nasionale rekords opgestel by die Toyota SASAPD Kampioenskappe.
Die kampioenskappe vir atlete met gestremdhede vind vanjaar in Ekurhuleni plaas en loop vandag ten einde.
Le Roux, ‘n gr. 9-leerling, het nuwe rekords opgestel in al haar worpe. In spiesgooi het sy die SA rekord van 11.80 m na 26.60 m verbeter, in diskus van 15.53 m tot 28.57 m en in gewigstoot van 6.78 m tot 9.96 m.
By die SA Skole-atletiekkampioenskappe het Ashley Erasmus (m.17) die naweek die toekenning vir beste meisies veldatleet ingepalm.
Volgens afrigter DP Badenhorst het sy die gewigstoot met ‘n afstand van 18,42 m gewen om ‘n rekord op te stel vir die byeenkoms. Sy het ook die skyfwerp met ‘n afstand van 48.52 m gewen en in beide items die voltal 2 000 punte op die ASA-tabel verdien.
Die skool se Shanese de Clerq (m. 17) het ook goud gewen met ‘n hoogspring poging van 1,75 m.
Een van die skool se ander toppresteerders was Handré van der Merwe (s.19) wat tweede was in die 400 meter hekkies.
Die volgende groot atletiekbyeenkoms begin op 31 Maart.
Foto: Andries Kruger


×