100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

MTPA finaliseer ondersteuningsfonds-betalings

Written by on June 14, 2021

Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) het aangekondig dat die provinsie die proses vir die betaling van hul ondersteuningsfonds aan toerisme-ondernemings gefinaliseer het.
Die R10 miljoen fonds is bewillig om die impak van die Covid-19-pandemie op die bedryf teen te werk.
Woordvoerder van die MTPA, Kholofelo Nkambule, sê 353 begunstigdes is betaal en 43 se aansoeke is hangend weens kwessies met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

“Dit is jammer dat sommige ondernemings weens die pandemie moes sluit, maar ons glo hierdie fondse sal ondernemings help,” sê sy.
‘n Totaal van 34 ondernemings is gediskwalifiseer omdat hulle reeds deur die nasionale fonds
Die wat betalings ontvang het is een professionele jagter en toerisme gradeerder (R10 000 elk), 162 informele handelaars (R10 000), 104 toergidse (R10 000), 42 verblyf (R50 000), 23 reisdienste en 20 gasvryheid (R35 000 elk)
Nkambule voeg egter by dat die komitee die besluit geneem het om vir van die kategorieë van begunstigdes meer geld te gee as wat aanvanklik aangedui is.
Uitvoerende hoof van die MTPA, Johannes Nobunga, sê die organisasie bly verbonde daaraan om te verseker die provinsie se ekonomie herstel deur toerisme. “Ons is vol vertroue dat hierdie befondsing vêr sal gaan om ondernemings te help om te herstel van die gevolge van die pandemie.


×