100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga ontwikkel toep vir Covid-19

Written by on April 9, 2020

Die provinsiale regering het Donderdag hul Covid-19-toep aan die media bekendgestel.
Volgens die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sal die toepassing hulle help om die koronavirus se verspreiding in Mpumalanga te bestuur. “Dit is ‘n addisionele wapen in ons arsenaal om die virus te beveg,” sê sy.
Die Siyayinqoba Sisonke toepassing is in samewerking met haar kantoor, die Mpumalanga Departement van Gesondheid, BroadReach en USAID ontwikkel. Gesondheidswerkers en die regering kan dit gebruik om daagliks te monitor wat op voetsoolvlak gebeur.

Met die toep word alle Covid-19-data saam gebruik om tred te hou met hoeveel mense waar getoets word, brandpunte te identifiseer, gesondheidfasiliteite vir gereedheid te monitor en om ‘n oog te hou oor pasiënte se herstel. Siyayinqoba Sisonke sal dus help dat vinniger, beter besluite geneem word oor hoe om hulpbronne aan te wend. “Dit sal ons spanne in staat stel om vinniger te reageer om ons burgers veilig te hou,” het Mtshweni-Tsipane gesê.

Sy het die algemene publiek aangemoedig om self-assessering op die departement van gesondheid se webtuiste te doen. Dié data sal op die toep gebruik word om ‘n akkurate prentjie van die daaglikse situasie te skets.
Dit sal die regering ook in staat stel om mense maklik te kontak, sou hulle verdere toetse benodig.


×