100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mev. Mpumalanga deel groot planne om jeug te bemagtig

Written by on March 3, 2022

Juanry Crous (30) van Witrivier is Saterdag as Mev. Mpumalanga 2022 gekroon tydens die gala geleentheid wat by Communio-kerk aangebied is.
Dit was die eerste keer dat sy vir die kompetisie ingeskryf het, en die eerste keer dat sy modelwerk gedoen het. Dit is egter allermins ‘n skoonheidskompetisie.
“Hulle moedig jou aan om jouself te versorg, maar dit gaan oor die verskil wat jy in die gemeenskap, in ander mense se lewens, maak,” sê sy.

Crous het dit beskou as ‘n goeie platform vanwaar sy haar droom kan verwesenlik: om jeugdiges op te lei en te bemagtig.
“My inisiatief is om die jeug op te lei, so ek het saam met plaaslike ondernemings werkswinkels aangebied.”
Die fokus was op vaardighede wat hulle in die toekoms sal kan gebruik. Daar was vyf werkswinkels deur die loop van die jaar: Om ‘n houtkassie te bou, ‘n braaier uit skrootmetaal te sweis, te leer bak in ‘n restaurantomgewing, te leer hekel en ‘n maandlange kursus in basiese rekenaarvaardighede te loop.
Sy het ook reeds voor die kroning besluit om twee nuwe projekte vanjaar te loods. Sy vertel verder. Luister weer hier:

Crous sluit af dat sy nie vir Mev. Suid-Afrika ingeskryf het nie. “Ek voel ek wil hierdie jaar geniet as Mev. Mpumalanga en wil al my tyd daarin investeer. Dalk in die toekoms.”
*Foto: Saam met Mev. Mpumalanga Ambassadeur, An-Marie Justo (links), en eerste prinses, Monique O’Reilly (regs).


×