100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Mbombela-stadion gereed vir aksie, ondanks teleurstellings

Written by on May 17, 2021

Mbombela-stadion het weens die Covid-19-pandemie twee groot teleurstellings beleef. Eers sou die All Blacks in 2020 ‘n toets hier gespeel het, en toe sou die Britse en Ierse Leeus eersdaags ook hier ‘n verskyning gemaak het, maar dit is nou van die baan weens die vereiste bioborrel.
Die stadion is egter allermins ‘n wit olifant, vertel stadionbestuurder, Roelf Kotze, aan Sanett.
“Ons is teleurgesteld,” sê hy. “’n Mens werk hard om hierdie wedstryde te kry by die stadion, dit is nie iets wat outomaties gebeur nie.”
Die All Blacks speel gewoonlik in groter stadions, en die Leeus toer slegs elke 12 jaar na Suid-Afrika. “’n Mens moet seker aanvaar daar is ‘n groter prentjie.”
Daar word wel wedstryde gespeel – buiten die New Nation Pumas se wedstryde het 15 sokkerwedstryde sover vanjaar al hier plaasgevind.
“Dit is ‘n spookagtige atmosfeer sonder toeskouers wanneer ‘n doel aangeteken word,” voeg hy by.
Verskeie ander aktiwiteite, soos vergaderings, vind ook steeds plaas binne inperkingsregulasies. Intussen werk hulle hard om alles in stand te hou.
“Die beginsel is dat die stadion altyd moet reg wees vir wanneer 40 000 mense weer daar mag ingaan – om dit so te hou is ‘n voortdurende proses. Ons bly positief dat alles die een of ander tyd gaan draai.”
Luister weer hier na die gesprek:


×