100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laerskool Witrivier gerat vir Goldwagen Interlaer 2022

Written by on February 18, 2022

Laerskool Witrivier bied Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira die Goldwagen Interlaer 2022 aan.
Hierdie vriendskaplike byeenkoms is ‘n gewilde instelling op die Laeveldse sportkalender en na dit nie in 2021 plaas kon vind nie, heers groot opgewondenheid.
Die atlete van laerskole Witrivier, Barberton, Bergland, Laeveld, Lydenburg, Nelspruit en Nelspruit Primary sal sake op die baan en veld uitspook.
Laerskool Witrivier se waarnemende hoof, Marianne Oosthuizen, sê die kinders, onderwysers en veral ouers is baie opgewonde oor hierdie terugkeer na normaal.

“Al is daar beperkinge van 2 000 mense, voel dit asof ons ‘n bietjie terug is na normaliteit,” sê sy. “By die skool is daar ‘n gevoel van afwagting dat iets groot gaan gebeur.”
Oosthuizen sê ouers sien ook baie uit na ‘n “normale” skolesportdag.

Dit verg baie beplanning, maar gelukkig is elke atleet nie heeltyd op die veld nie, wat dit moontlik maak om meer toeskouers te akkomodeer, sê Karen Hobbs, die skool se organiseerder van interlaer.
Ouers, eerder as medeleerlinge, kan die dag bywoon. Daar sal daarom vanjaar ongelukkig nie ‘n geesbeker toegeken word nie.
Die beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by elk van die deelnemende skole. Alles word wel ook op DigiTV uitgesaai (gebruik hierdie skakel om daarna te kyk: https://tv.digicentral.co.za/wrtv).
Die optog begin om 07:20 met die eerste items om 08:00 en die prysuitdeling wat beplan word vir 15:45.
Radio Laeveld gaan ook daar wees. Skakel in op 100.5FM deur die dag om op hoogte te bly van alles wat gebeur. Volg ons ook op sosiale media (Radio Laeveld 100.5FM op Facebook) vir gereelde opdaterings.


×