100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

KYK: Hoërskole vier geesweek voor interhoër 2022

Written by on February 24, 2022

Die atlete van Penryn, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Bergvlam, Lydenburg, Rob Ferreira en Hoërskool Nelspruit (NHS) sal sake Saterdag op die baan en veld uitspook by die 72ste BUCO Laeveld Vriendskaplike Interhoër.
Die skole is duidelik baie opgewonde dat die byeenkoms weer kan plaasvind, en vang reeds die hele week ‘n bietjie gees. Daar was onder meer dae vir mal haarstyle, vir “tweelinge” (op 22 Februarie) en die gewilde “enigiets buiten ‘n skooltas-dag”.

Barberton


Bergvlam


Lowveld High


Rob Ferreia


Lydenburg se hoof en adjunkhoofde is gister sommer gearresteer.

Bywoning Saterdag is beperk tot 2 000 leerlinge. Dit sal regstreeks gebeeldsend word op die SuperSport Schools toepassing in samewerking met Nashua.
Besoek www.supersportschools.com om te registreer en die uitsending sal outomaties op jou toestel verskyn sodra dit begin. Die atlete optog begin om 06:45.


×