100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kyk: Curro Nelspruit wy Sycamore-teater in met skouspel

Written by on March 16, 2022

Curro Nelspruit het gisteraand amptelik hul nuwe teater, die Sycamore, ingewy met ‘n kultuur skouspel.
Met die tema, “Reik vir die sterre” het leerlinge (asook onderwyser Nathan Roberts en stemafrigter Julia Burger) hul slag gewys agter die mikrofoon, op hul instrumente, met drama-opvoerings en, natuurlik, in dans.
Oud-sterleerlinge Mateo Komlosy en Thando Silinda het ook opgetree. Thando het met ‘n trom die marimbas op die verhoog gelei, ‘n musiekgroep wat sy sewe jaar gelede by die skool help begin het.

Curro Nelspruit se uitvoerende hoof (van alle skole), Michael Bownes, sê daar is sowat twee jaar gelede besluit om die bestaande skoolsaal in ‘n behoorlike teater te omskep.
Die nuwe klank en beligting is op ‘n teater-standaard en steeds is die Sycamore nog nie heeltemal voltooi nie. Teatersitplekke sal onder meer nog deur die loop van die jaar geïnstalleer word.
Volgens Bownes is daar besluit op die naam Sycamore-teater vir wat die boom simboliseer: Krag, beskerming, die ewigheid en goddelikheid.
Mari Lategan van Curro Holdings het amptelik die rooi lint geknip voor die vertoning begin het. Sy sê vir haar is die teater soveel meer as ‘n verhoog met gordyne. Luister hier:


×