100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos hou In jou huis-musiekteater

Written by on May 3, 2022

Innibos Kunstefees het ‘n nuwe baadjie aangetrek vir 2022. Onder die tema “Heeltyd feestyd” word verskeie opwindende projekte deur die jaar aangebied.
Dit skop reeds môre af met die eerste In jou huis musiekteater-vertoning. Soos met verlede jaar se baie suksesvolle In jou huis-konserte, vind elke vertoning op uitnodiging by ‘n private huis plaas, maar enigiemand kan dit regstreeks luister net hier op 100.5FM.
In die eerste konsert op 4 Mei snoer die musikant Frazer Barry en akteur Johny Klein kragte saam in ʼn produksie waar woord en lied op ʼn besondere wyse aangebied gaan word.
Barry het teatergangers al nasionaal en internasionaal betower met sy sielvolle musiek met ʼn sterk Afrika-aanslag. Op sy beurt is Klein ‘n veelsydige akteur wat al by ʼn magdom televisie- en filmwerk betrokke was – onder meer Flennie die Snare saam met Chris Chameleon en Fiela se Kind waarvoor hy met ‘n toekenning as beste byspeler vereer is.
Philna Scholtz, Innibos programbestuurder, sê met twee sulke talentvolle kunstenaars beloof hierdie musiekteater om iets uit die boonste rakke te wees.

Die gaste wat die voorreg het om hierdie konserte aan huis van Johan en Marlene Pretorius by te woon, se donasies gaan aan KANSA geskenk word. Dit is die liefdadigheidsorganisasie wat die gasvrou na aan die hart lê.
Op 1 Junie is Bibi Slippers en Jak de Priester aan die beurt In jou huis en op 5 Oktober Andries Bezuidenhout en Koos Kombuis.
Elke vertoning word regstreeks op 100.5FM uitgesaai. Dit begin om 19:00.
Sien die volledige program vir vanjaar se Innibos hier:


×