100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ingeperk? Kyk hier steeds wild

Written by on April 8, 2020

Daar is ‘n raps meer as ‘n week oor van die 21-dag grendeltydperk. Boonop is alle aanduidings dat die regering dit oorweeg om inperking dalk te verleng.
Dit is veral vir buitelugmense moeilik om by die riglyne aan te pas.
Hoewel die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) self gesluit is, is daar – gelukkig vir natuurliefhebbers – geen tekort aan opsies waar wild aanlyn besigtig kan word nie.
Hier is ‘n paar.

SANParke het verskeie kameras wat foto’s en video’s neem van wild in hul parke. In die NKW kan kykers kies uit Satara, Orpen en Punda Maria. Die foto’s word elke paar minute geneem.
Vanaf Orpen en Satara word video’s ook gestroom.
Besoek sanparks.org vir meer.

WildEarth saai ook wildlewe van regoor die wêreld uit.
Dit word deur ‘n passivolle gemeenskap van diereliefhebbers moontlik gemaak.
Hul doel is om mense met die natuur te verbind om bewaring aan toe moedig.
Vir meer, besoek https://wildearth.tv/.

By Kruger Sightings neem die gemeenskap ook deel deur foto’s en videos van hul besigtigings in die NKW te deel.
Volg hulle op Twitter by @LatestKruger of besoek latestsightings.com.

Vir opwindende video’s van die park se wildlewe, besoek gerus ook Kruger National Park Videos op YouTube.
Daar word gereeld ongelooflike stukkies film opgelaai sodat jy uit die gemak, of inperking, van jou eie huis die beste van wat die NKW het om te bied, kan ervaar en geniet.


×