100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gr. 12 uitslae môre by Universiteit van Mpumalanga aangekondig

Written by on January 20, 2022

Die onderwysdepartement het ouers gevra om môre saam met hul kinders hul gr. 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik.
‘n Totaal van 62 264 voltydse kandidate in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê.
Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83% in die provinsie, teenoor die 73% wat verlede jaar behaal is.In ‘n verklaring voeg hy by dat die 80% wat ‘n paar jaar gelede bereik is, waardeer sal word.
Woordvoerder Gerald Sambo sê hulle is bewus van die druk wat die uitslae op leerders en ouers plaas.

Ondersteuning is beskikbaar op ‘n tolvrye lyn by 0800-203-116. Daar is ook ‘n eksamen hulplyn wat mense kan kontak met enige navrae oor hul uitslae. Dit is binne kantoorure by 013-766-0033.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal vanaand om 18:00 die nasionale en provinsiale uitslae aankondig.
Leerlinge sal Vrydag hul eie uitslae vanaf 08:00 by hul skole of eksamensentrums kan afhaal. Dit sal ook op verskeie media platforms gepubliseer word.

Mpumalanga se uitslae word amptelik by die Universiteit van Mpumalanga in Mbombela bekendgemaak. Leerlinge wat genooi is om dit by te woon, sluit in diegene wat uitstekend gevaar het in die verskillende vakke, met ‘n fokus op wiskunde en wetenskap, asook die top 10 presteerders in Mpumalanga.
Top-leerlinge ontvang vol beurse om te gaan studeer, asook goed soos skootrekenaars en mikrogolfoonde. Die beste leerling in die provinsie word ook beloon met ‘n nuwe kar (sien foto).


×