100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gewapende magte in Mbombela vereer

Written by on February 21, 2022

Die Dag van die Gewapende Magte is vanoggend in Mbombela herdenk. Dié jaarlikse instelling is ingestel ter nagedagtenis aan die meer as 600 soldate wat op 21 Februarie 1917 op die SS Mendi dood is in die Engelse kanaal en vereer alle gesneuwelde Suid-Afrikaanse soldate.
Dit het begin met ‘n kranslegging in die gedenktuin vir soldate in Barberton, gevolg deur die gewapende magte parade by Mbombela-stadion waar die lugmag verskeie verbyvlugte gedoen het.

President Cyril Ramaphosa het as die weermag se opperbevelvoerder die lede geloof vir hul bydrae om die land en sy mense, asook burgers in ander Afrikalande waar hulle ontplooi word, veilig te hou.
Hy het uitgesonder hoe hulle gehelp het om die ramptoestand te implementer in die eerste maande van die grendeltydperk en onruste in Julie, “die ergste in die land se geskiedenis” onder bedwang help bring het.
In Mosambiek het hulle gehelp om mense te ontruim tydens die vloede en verligtingspakkies te versprei en help steeds om stabiliteit te probeer bewerkstellig in die noorde van die land as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) missie.
Ramaphosa het spesifiek hulde gebring aan korporaal Tebogo Radebe wat einde verlede jaar in Cabo Delgado gesterf het tydens ‘n ontplooiing van soldate as deel van die sending.
Hy het ook troepe uitgesonder wat betrokke was by vredesmissies in die DRK, Sentraal-Afrikaanse Republiek en Soedan.
Ter plaatse het hulle gehelp om die Vaalrivier skoon te maak, brûe gebou vir kinders in landelike areas om veilig by die skool te kan kom en inentingsveldtogte vir lede en veterane van stapel gestuur.
“Dit is helde in uniform, gevalle en in die lewe, wat verseker Suid-Afrikaners kan snags in vrede slaap met die wete dat hul land veilig is,” het Ramaphosa afgesluit.
Kyk die verrigtinge hier:


×