100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Fondsinsameling vir Laeveld-gesinne wat sukkel

Written by on August 27, 2021

Die Laeveld-gemeenskap het weereens hande gevat om mekaar te help.
Dinsdagaand is gesinne wat swaarkry die fokus van ‘n fondsinsameling.
Dit word by Urban House gehou en plaaslike kunstenaars Anne-Marie, Zané en Lonita tree op. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, is die seremoniemeester.
Organiseerder, Madelein van Eeden, sê die fokus is om gesinne te help wat weens die inperking finansieël sukkel.

Sy vertel die idee het ontstaan toe ‘n ouma na Radio Laeveld ingebel het om te vra vir warm klere vir haar kleinkinders.
“Dit het my hart gebreek dat daar mense om ons is wat so sukkel,” sê sy. “Ek het gesê, ek weet nie hoe nie, maar ek gaan dadelik iets omtrent dit moet doen.”
Van Eeden het met Claud Kruger van Urban House gepraat, en siedaar: die hele geleentheid is binne een dag gereël.
Gesinne wat bv. weens inperking hul inkomste verloor het en finansieël sukkel om skoolgeld te betaal, kos te koop of klere te voorsien sal baatvind uit die aksie.
Die aand sal ‘n vendusie ook gehou word. Onder meer word getekende rugbytruie en -balle opgeveil. Nog borge word benodig vir items vir die vendusie. Enigiets is welkom.
Skenkings van kos en klere is ook nodig. Mense kan klere ook by Radio Laeveld se ateljee in Sonpark kom aflaai.
Die R250pp vir die fondsinsameling Dinsdag sluit ‘n welkom drankie en ete in. Kom enige tyd van 17:00 af. Die geleentheid begin stiptelik om 18:00 om seker te maak dit is voor die aandklokreël inskop, klaar.
Kontak Van Eeden by 072-112-0508 om kaartjies te bekom, enige hulp aan te bied of haar in kennis te stel van mense wat hierdeur gehelp kan word.


×