100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dertig mense in amptelike kwarantyn in Mpumalanga

Written by on April 20, 2020

Volgens Mandla Zwane, direkteur van oordraagbare siektes in die provinsiale gesondheidsdepartement, is 30 mense tans in kwarantyn.
Van hulle is Suid-Afrikaanse burgers wat van Mosambiek of die Koninkryk van Eswatini teruggekeer het. Ander is mense sonder wettige dokumentasie.
Volgens Zwane sal hulle na hul tydperk van kwarantyn aan die owerhede oorhandig word.

Geen Covid-19-pasiënte word tans in Rob Ferreira-hospitaal behandel nie.

Zwane sê die dokters wat die virus opgedoen het, het dit opgedoen terwyl hulle gereis het, en nie in die hospitale waar hulle werk nie. Hulle almal het reeds herstel.
LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het Vrydag na ‘n telekonferensie met vakbonde gesê beskermende kleredrag is vir gesondheidswerkers beskikbaar en voorraad word deurlopend aangevul.
Sy het die vakbonde gemaan om hul lede aan te raai om griepinspuitings te kry.
Die vakbonde het op hul beurt gevra dat hospitale se bestuur werkers op hoogte van verwikkelinge hou.


×