100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Besluit oor Innibos uitgestel

Written by on April 14, 2020

Innibos gaan dalk nie meer aan die einde van Junie kan plaasvind nie.
Die fees, wat vroeër vanjaar weereens die Fiësta-toekenning as beste kunstefees in die land gewen het, sou vanaf 24 tot 27 Junie plaasgevind het.
Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van Innibos, sê “die span gaan voort met die feesbeplanning en dat, as dit nie in Junie gaan plaasvind nie, dat dit later in die jaar kan gebeur”.
KKNK is vroeër vanjaar weens Covid-19 gekanselleer.
Innibos se direksie sal na verwagting tydens ‘n vergadering in die eerste week van Mei, na die grendeltydperk, ‘n finale besluit kan neem.
Volgens Jacobs is daar verskeie veranderlikes wat sal bepaal wanneer die fees kan voortgaan.
Dit sal slegs in uiterste omstandighede gekanselleer word – soos as daar nie meer vakansies oor is om die fees in aan te bied nie.
Sy sê “ons weet nie of die regering al die vakansies gaan kanselleer vir die res van die jaar nie en omdat ons op ‘n skoolterrein is, is ons uit die aard van die saak afhanklik van die skoolkwartale en -vakansies om die fees aan te bied. “Ons is geensins seker wanneer die verbod op openbare geleenthede opgehef gaan word nie,” voeg Jacobs by. “Ons sal 100% gehoor gee aan enige instruksies van die regering.”
Hulle sal ook nie die publiek in gevaar stel nie en is besig om alternatiewe scenario’s te beplan.
“(Innibos) mag dalk verkort of verklein word, maar ons gaan absoluut alles in ons vermoë doen om wel hierdie jaar Innibos aan te bied.”


×