Hazyview-polisie skiet rower dood, wond twee

Written by on May 19, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Verdagte is gisteraand deur die Hazyview-polisie doodgeskiet na ‘n gewapende rooftog by die Total-vulstasie plaasgevind het. ‘n Sekerheidswag op die toneel het glo die noodknoppie gedruk wat Spes-Plan Sekuriteit ontbied het. Vyf verdagtes het glo die OTM binne die winkel beroof, sowel as kontant uit die kontantlaai gesteel. Hulle het in die rigting van Hazyview gevlug toe die polisie en Spes-Plan opdaag. ‘n Skietgeveg het uitgebreek waarna een verdagte doodgeskiet, en twee ander gewond is. Twee verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap. Die voertuig waarin hulle gevlug het, ‘n Volkswagen Polo, is na bewering tydens vorige misdaad-oortredings in die omgewing opgemerk.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background