Grootkoppe in renosterhandel vas na klopjag

Written by on September 20, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Ses belangrike sindikaatlede wat betrokke was by ‘n massiewe handel in renosterhorings, is gister in verskeie dorpe in Mpumalanga in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming is gemaak deur die Valke wat deur Teen-Intelligensie, Spesiale Taakmag, SAPD Forensiese Wetenskapsdiens, SANParke, die Departement van Omgewingsake, SARS en Doeane, insluitend die Nasionale Vervolgingsgesag, ondersteun is.

Tydens die klopjag is beslag gelê op luukse voertuie en motorfietse, vragmotors, ‘n onbekende bedrag geld, dierevelle, eiendomme, baie vermoedelik gesteelde goedere; wat onder andere insluit; sleepwaens, kragopwekkers en verskeie elektroniese toerusting. Die beslaggelegde items oorskry na raming miljoene rande.

Die verdagtes – tussen 30 en 56 jaar oud – sluit in twee beweerde sindikaatleiers, een man, twee polisiebeamptes en ‘n voormalige polisiewoordvoerder. Hulle word aangekla van diefstal, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, onwettige koop en verkoop van renosterhorings, korrupsie en geldwassery.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?