eV Challenge Night Race

Written by on August 21, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die eV Challenge Night Race vind vanjaar by die Mpumalanga Skou op 31 Augustus plaas. Besoekers aan die skou, veral kinders, sal die geleentheid gegun word om ‘n paar rondtes om die baan te doen. Die eV uitdaging moedig hoërskoolleerders aan om binne ‘n stel spesifikasies, ‘n battery-gedrewe motor te ontwerp en te bou. Die span moet dan die voertuig om ‘n kort vir ‘n uur lank bestuur. Die wenner word bepaal deur onder andere die aantal rondtes. wat tydens die uur voltooi is. Die formaat vir die nagwedloop is effens anders, en dit bied spanne ‘n ietwat ander stel take aan in vergelyking met dié van die dagren. Maar dit is pret.

Leerders wat in die verlede al hieraan deelgeneem het, sal sonder uitsondering, vertel hoe hulle voordeel uit die projek getrek het, beide tydens die projek en in hul studente- en volwasse lewe. Dit leer lewensvaardighede en plaas emosionele intelligensie wat andersins nie verkry sou word nie.
Die organiseerders verwelkom die deelname van plaaslike sake – beide wat betref die insluiting van spanne in ‘n korporatiewe uitdaging in 2019, asook die ondersteuning van die skole wat deelname verlang.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?