Egpaar vas vir dwelm-lab
Written by RL Admin on August 23, 2018
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
‘n Egpaar van Mpumalanga is op die Droefheidplaas in hegtenis geneem vir die bestuur van ‘n dagga-laboratorium. Die Valke, in samewerking met die Secunda dwelmeenheid, Misdaad Intelligensie en honde-eenheid het op sowat 20 kilogram gekompakteerde dagga beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op ongeveer honderd en 12 daggaplante ter waarde van meer as vierhonderd duisend rand. ‘n Handwapen met meer as 90 rondes ammunisie is deur die polisie op die toneel gevind. Die paartjie sal na verwagting vandag voor die Volksrust-landdroshof verskyn.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.