Drie verdagtes voor hof vir bejaarde se moord

Written by on July 16, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee mans en een vrou is naby Krugersdorp in verband met die moord van Hetta Potgieter, in hegtenis geneem. Dit volg na ‘n intensiewe ondersoek nadat die 85-jarige ouma ‘n week gelede in die Macadamia Sorgsentrum in Nelspruit vermoor is. Die drie verdagtes, John du Plooy (26), Shaun Oosthuizen (38) en Maryna Mandy Vorster (48) het vandag vlugtig voor die Nelspruit Streekshof verskyn. Hulle is by die karavaanpark, Lover’s Rock Family Resort in Magaliesburg in hegtenis geneem. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant kolonel Erhard Stroh, het die drie verdagtes glo vantevore gepoog om by ander aftree-sentrums in Nelspruit, te roof.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background