Drie verdagtes vasgestrek na huisroof in Steiltes

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
misdaad
Drie vermeende rowers is gearresteer na ‘n huisroof gisteroggend in Steiltes, Mbombela.
Volgens Frank Swanepoel van Hi-Tech Sekuriteit het hulle, Securicon en Divergent Ops op die voorval gereageer.
Dit is om ongeveer 10:00 aangemeld.
Sowat ses verdagtes het hulself glo voorgedoen as mense wat die watermeterlesing wou lees om toegang tot die perseel te verkry.
Volgens sy kennis is ‘n vrou, seun en tuinier vasgebind.
Ten minste twee vuurwapens is geroof.
Nog verdagtes word gesoek.

 

Sien ook: MEGA ontken DA se beweringe oor Varsproduktemark – Radio Laeveld