100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie liggame ontdek in gru-vonds naby Malalane

Written by on January 31, 2025

Die polisie ondersoek ‘n gru-voorval na die liggame van drie mense gisteroggend by Mekemeke naby Malalane ontdek is.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, was die liggame vasgebind en opgehang en erg aangerand en verbrand.

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, sê hulle is ontsteld deur die barbaarse daad.

Die motief is onbekend. Niemand is nog aangekeer nie. Die publiek is gevra om na vore te kom met inligting.

Sien ook: 51 Putco-busse in brandstigting-aanvalle vernietig