Chanel van den Bergh – Twee Tree

Written by on March 30, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

APRIL 2018
Chanell van den Berg stel haar enkelsnit, getiteld, Twee Tree vry.

Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, “I’ve got your back” – die
gevoel in ‘n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát…

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ‘n paar
minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer
sal wil dans wanneer hul dit hoor.”
Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die noorde van Pretoria geskiet, want hulle
wou graag ‘n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en
dat alles sommer vanself rigting gevat het. “Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar
toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit!”

Chanell is klaar besig met haar volgende enkelsnit wat “Oorlog” heet. “Ek kan nie wag dat
mense dit hoor nie. Ek hoop mense kan vereenselwig met my musiek en dat dit ‘n verskil sal
maak. Ek dink my musiek is anders en hoop die publiek word ook gevoed deur my musiek soos
dit my siel voed.” Chanell is mal oor Nashville se musiek met bekende wêreldklas kunstenaars
soos Miranda lambert, Brad Paisley en Carrie Underwood. “Country musiek het altyd n storie
met regte gevoelens en regte mense agter ‘n liedjie. Ek hoop dat veral Afrikaanse vrouens,
maar ook mans wat oop is vir musiek en die kwaliteite daarvan, sal aanklank vind by my
musiek. Ek dink enigeen met ‘n passie vir musiek en wat die waarde daarvan besef, sal dit
geniet.”

Sy vertel ook dat sy nog altyd baie passievol oor musiek was en al doenig is in die musiekbedryf
vandat sy veertien jaar oud is. “Ek was hoofmeisie van Curro College en my vriende het altyd
gesê ek is ‘n “weirdo”. Ek werk tans in die finansiële sektor van ‘n telekommunikasie
maatskappy, omdat ek dit geniet om met syfers doenig te wees. My gunsteling deel van die dag
is wanneer ek van die werk af kom, my honde groet en op my bed kan sit en liedjies skryf.”

Chanell put inspirasie uit Theuns Jordaan en Miranda Lambert se musiek. “Ek skryf oor hoe ek
voel in elke oomblik. Ek vind maklik inspirasie in die dinge om my.”

Hoogtepunte tot dusver sluit in haar rol in “As jy Sing”, “Trouvoete” en die liedjie “Little
Monster” wat sy vir die film Mignon Mossie Van Wyk geskryf het. “Ek hoop om my passie en
droom uit te leef en sodoende ‘n verskil te maak. Ek skryf self my musiek en wil passievolle
musiek lewer en ‘n sterk handelsmerk opbou.” Chanell hoop om mense aan te raak, ‘n verskil te
maak en ‘n voorbeeld te wees met haar musiek, goeie kwaliteit verwerkings, videos en
optredes. “Ek glo om nooit te verander vir ander nie en om nooit op te gee op jou drome nie.

Ek hou van lewendige optredes en waardeer die gehoor se terugvoer. Daarom sal elk my
gehoor altyd met respek en dankbaarheid behandel.”

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?