Learn Beyond the Label: Verstaan kinders met ADHD, disleksie beter

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.  Luister hier: Kontak Broodryk by 071-417-1517 en registreer hier:  

Wip op met ‘n doel vir Flamboyant Skool

Flamboyant skool mik daarvoor om ‘n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en Jess Redfern vertel meer oor wat dit is. Luister weer: Saterdag is daar ‘n opwipwinkel-mark om fondse in te samel vir die kamer. Ondersteun dit gerus by Bagdad-sentrum in Witrivier.

Johannes Meyer doen die Big Pull

Johannes Meyer gaan vanaf November tydens The Big Pull saam met 19 ander manne ‘n 16-ton-vragmotor van Centurion na die Paarl toe sleep. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor die 40-dag trek. Luister hier:

Red jou groente wat verwelk

Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red? Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, het Saterdagoggend vir Charles raad gegee. Luister weer: