Oorstromings 2026: Mbombela gelukkig

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots wat al sedert 2001 noukeurig boekhou van reënvalsyfers. Luister weer:
Aanhoudende swaar reën verhoog risiko van oorstromings en padsluitings

Aanhoudende swaar reën in Limpopo en Mpumalanga verhoog die risiko van wydverspreide oorstromings, vinnig vloeiende riviere en padsluitings. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gister ‘n rooi vlak 10-waarskuwing – die hoogste waarskuwing – uitgereik vir ontwrigtende reën in areas soos Maruleng, Phalaborwa, Giyani, Tzaneen, Letaba, Bosbokrand, Nkomazi en Mbombela. ‘n Weervoorspeller, Abdul Ngcamu, sê 100 […]
Liggaam herwin na vrou in Msholozi verdrink

Die liggaam van ‘n vrou wat gisteraand vermis geraak het, is in Msholozi naby Witrivier gevind. Die polisie sê sterk strome het Esther Amina Mathenjwa (44) meegesleur toe sy tydens swaar reën ‘n vol rivier wou oorsteek. Haar liggaam is sowat 5 km stroomaf gevind ná ‘n gesamentlike soektog deur die polisie en gemeenskapslede. Owerhede […]
Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park […]
Rooi vlak 10-waarskuwing vir vandag en môre

Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. ‘n Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Abdul Ngcamu, sê 100-200mm is binne 48 uur moontlik in hierdie areas wat reeds versadig is. Luister:
Skole in Bosbokrand gesluit weens voortdurende reёn

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het skole in Bosbokrand-munisipaliteit gesluit, weens gure weerstoestande. Dit reёn reeds sedert Saterdag met ‘n oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reёn wat vandag steeds in plek bly. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het baie leerders en onderwysers gister met die begin van die nuwe skooljaar gesukkel om […]
Krugerwildtuin oorstromings: Wat is oop of onbegaanbaar?

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers. ‘n Oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo geld steeds vandag en môre. Die wildtuin […]
Geregtelike doodsondersoek gedoen na tweejarige in Msholozi verdrink

Die Mpumalanga polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin na ‘n tweejarige seuntjie gister in Msholozi buite Witrivier verdrink het. Volgens die polisie sê Sibusiso Mnisi se ma dat hy in die huis geslaap het, maar haar toe, sonder dat sy dit besef het, agtergevolg het. Sy het ‘n stroom oorgesteek en toe hy probeer volg […]
Nog ontwrigtende reën verwag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ernstige weerwaarskuwings uitgereik vir dele van Limpopo, Mpumalanga en die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal. ‘n Volgehoue laedrukstelsel veroorsaak swaar reën, met oranje vlak 6- en 9-waarskuwings wat ingestel is vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo. ‘n Weervoorspeller, Amukelani Mkhari, sê die stelsel sal lei tot […]
Mpumalanga matriekslaagsyfer verbeter tot 86,5%

Die matriekklas van 2025 het ʼn slaagsyfer van 88% behaal wat die hoogste in die land se Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) se geskiedenis is. Die provinsie wat die beste presteer het, is KwaZulu-Natal met 90,6%, gevolg deur die Vrystaat met 89,33% en Gauteng in die derde plek met 89,06%. Mpumalanga se slaagsyfer het van 84,99% […]