SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n toestroming, terwyl besoekers aan die park hulle toenemend skuldig maak aan wangedrag. Rey Thakhuli gesels met ons oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered […]

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hulle in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik ‘n jaarlikse instelling sal word. Luister:

Polisie soek pangabende na nag van terreur buite Komatipoort

Die Mpumalanga polisie sê hulle is op soek na ‘n groep van vyf mans wat met pangas gewapen is en na vermoede Sondagaand ‘n vrou seksueel aangerand en ‘n sekerheidswag op ‘n plaas buite Komatipoort vermoor het. ‘n Polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, sê in die eerste voorval het ‘n minibus-taxi om ongeveer 20:00 die aand by […]

Pumas derde op Curriebeker-punteleer voor finale ronde

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16. Daar […]

Kom wys jou spoed by Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe ‘n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Pasop vir “visvangers”

Callum MacPherson van Securicon verduidelik die bekende “visvang”-metode wat diewe inspan om jou deur ‘n oop venster van jou eiendom te ontneem. Luister hier:

Plaaslike armdrukker hou aan seëvier

Janco Kok het in April sy armdruktitel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister: