Honderde stuks wild uit Marloth Park verskuif

Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder en na Balule-wildreservaat in Hoedspruit verskuif. Soveel as 600 rooibokke, 150 koedoes, 150 vlakvarke, 80 bosbokke, 45 sebras, 40 wildebeeste en 20 kameelperde is verwyder. Foto’s ter illustrasie: Ruth Smit Cindy Benson, die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, vertel hoe […]
Man steek glo ander met skêr weens beweerde diefstal

‘n Man is vanoggend hospitaal toe geneem na hy in Ehmkestraat naby Blue Gate in Mbombela ineengestort het. Volgens Callum Mac Pherson van Securicon was een van hul lede in die omgewing toe die man om ongeveer 10:55 skreeuend uit die Villlage-parkie te voorskyn kom. Hy het op die hoek van Ehmke- en Ferreira-strate op […]
Kies Mpumalanga PVC vir premium oplossings

Hierdie onderhoud is betaal deur die kliënt.
Botsing eis sewe lewens

Sewe mense is vroeg vanoggend in ‘n botsing tussen ‘n sedan en ‘n bakkie oorlede op die N12 tussen Ogies/Phola en eMalahleni. Dit het om ongeveer 04:30 gebeur. Volgens die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het die bakkiebestuurder oënskynlik beheer verloor en oor die middelman voor die aankomende sedan ingery. Hy […]
16 Desember hou Witrivier en Badfontein Geloftefees

Geloftedag het oor die jare ontwikkel van ‘n suiwer gelowige herdenking na ‘n kultuurgeleentheid wat die gemeenskap byeen bring om hul erfenis, geskiedenis en waardes te vier. Hendrik Briel reël Witrivier se Geloftefees. Dolf Botha is van die Badfontein-geloftefees. Hulle gesels met Laeveld Brunch oor 16 Desember. Luister:
Red Kaapsehoop se wildeperde

Carli Scheepers van die Kaapschehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, is slegs 30 tans verantwoord voor. Sy deel dié organisasie se planne om die wildeperd-bevolking te red. Luister hier: Maak hier ‘n bydrae: Kaapschehoop Conservancy, Absa-spaarrekeningnommer 9120619813, takkode 632005.
Bly veilig die feestyd

Voertuigkapings en gewapende roof is skerp aan die toeneem in die Laeveld. Frank Swanepoel van FSP Sekuriteit gesels met Sonop Ontbyt oor Feestyd-veiligheid. Luister weer:
LDV hou nasionale konferensie in Laeveld

Hierdie onderhoud is betaal voor deur die kliënt.
Daniël Slabbert inspireer met insameling vir KANSA

Daniël Slabbert, ‘n Bergvlam-leerling, het vanjaar R31,300 ingesamel vir KANSA, en daarmee is hy aangewys as die KANSA Laeveld-debutant van die jaar vir beide die Laeveld en Mpumalanga. Hy gesels met die Middag Game Drive. Luister hier: Sy prestasies: Beste presteerder onder KANSA-debutante by Hoërskool Bergvlam Diensleweringstoekenning, onder alle KANSA-debutante in die Laeveld vir 2025 […]
Storm saai verwoesting by Soli Deo Gloria

Die Soli Deo Gloria-sentrum in Lydenburg het groot skade gely in ‘n verwoestende storm gister. Die Nelspruit Lion’s Club spring in om te help. Koos Schoonraad vertel hoe jy ‘n bydrae kan lewer. Luister hier: Kontak Schoonraad direk by 082-335-1347. Die Lion’s Club se bankbesonderhede is Lions Project, FNB, 62186547629.