Bespreek vooraf vir besoek aan Krugerwildtuin

kontantbetalings kwotas in wildtuin

SANParke herinner dagbesoekers aan die Krugerwildtuin dat hekkwotas gedurende die feestyd geïmplementeer word om oorbevolking op paaie en by fasiliteite te verhoed. Om toegang te verseker, word besoekers aangeraai om vooraaanlyn te bespreek by sanparks.dot.org. Die administrasiefooi is R59 vir volwassenes en R29 vir kinders. Voorafbespreekte dagbesoekers kry voorkeur by die hek, solank hulle binne […]

Moordondersoek geopen na twee vroue dood gevind is in Kamagugu

Die polisie ondersoek twee moordsake na die ontbindende liggame van twee vroue gistermiddag in hul huis ontdek is in Kamagugu buite Nelspruit. Bure het glo bekommerd geraak oor die reuk en vlieё rondom die huis, wat gesluit was. Die polisie het geen teken van ‘n inbraak gewaar nie, maar die huis binne was geplunder en […]

Buscor-busse brand uit in Barberton

Verskeie Buscor-busse het gisteraand uitgebrand by die Barberton-depot.  Volgens Philip Minnaar, ‘n raadslid in Barberton, het agt busse totaal uitgebrand en kon nog een wat aan die brand geslaan het gered word. Die polisie het die totale aantal geaffekteerde busse as tien.  Die sekuriteitswag het volgens inligting opgemerk die een bus brand, maar hy kon […]

TRAC gereed vir verhoogde verkeersvolumes

TRAC het verskeie maatreëls geïmplementeer om verkeersvloei hierdie feestyd op die N4 te bestuur. Solange Soares van TRACN4 deel dit met die Middag Game Drive. Luister: 

Karin van Aardt se vermeende moordenaars doen Vrydag aansoek om borgtog

Die saak teen Karin van Aardt se drie vermeende moordenaars is vanoggend in die landdroshof in Bishop Lavis tot Vrydag uitgestel vir ‘n borgtogaansoek.  Ndiyabulela Vayi, Thando Nkolongo en Yamnkela Mdunyelwa het op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede verskyn.  Die 64-jarige afgetrede onderwyseres is verlede Vrydag vermoor kort na sy en haar […]

Wees geduldig by die Lebombo-grenspos

Desember is jaarliks choas by Lebombo-grenspos met ‘n verhoogde hoeveelheid mense wat tussen Suid-Afrika en Mosambiek reis. Die Netwerk24-joernalis, Arisa Schamrel, vertel wat aangaan. Luister hier:

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van ‘n organiese groentetuin kundige, Elzabé de Bruyn.

Verhoordatum vasgestel vir Hillary Gardee-moordsaak

Die veroordeelde moordenaar, Rassie Nkune, sal vanaf 26 April tot 28 Mei 2027 in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word op twee moordklagte. Dit is weens die ontvoering van en moord op Hillary Gardee, die dogter van die EFF-politikus, Godrich Gardee, sowel as Nonkululeko Nkosi, ‘n Eskom-werknemer van Gauteng. Beide moorde is in 2022 […]