Tweede liggaam langs N4 ontdek na skietery

Nog ‘n liggaam is vanoggend langs die N4 Schoemanskloof ontdek, na ‘n skietery gisteraand.  Die eerste liggaam is gisteroggend gevind. Daar word vermoed dat dit verband hou met onwettige mynwerkers in die area.  ‘n Skietery het owerhede ook Dinsdagoggend genoop om dié roete tydelik te sluit vir verkeer.  Volgens Moeti Mmusi, die woordvoerder van die […]

SolarFlair presteer by Sasol Solar Challenge

Die plaaslike SolarFlair-span het “Best Embodiment of African Engineering and Team Spirit” gewen tydens die pas afgelope Sasol Solar Challenge. Craig Gebhardt en Schalk Pottas het by Sonop Ontbyt in die ateljee gekuier. Luister weer: Andri en Neels het ook die geleentheid gehad om in SolarFlair 3 rond te rits.

Cupcakes 4 Kids with Cancer hierdie Saterdag

September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer. Luister weer:

Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart ‘n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring. Luister hier: Kaartjies is beskibaar via Quicket by https://qkt.io/KrugerConcert en vir verblyf […]

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-eindstryd

Die Pumas het vanjaar weer die finaal van die Curriebeker gehaal, maar hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en hul voorbereiding vir die 2027-seisoen. Luister hier:

Aansoeke vir spesiale stemme oop

Aansoeke vir spesiale stemme vir November se plaaslike regeringsverkiesing is amptelik oop. Geregistreerde kiesers wat nie op verkiesingsdag (4 November) by hul aangewese stempunt kan stem nie, word aangemoedig om aansoek te doen om op ‘n voorafbepaalde dag te stem. Die voorsiening is vir kiesers wat fisiek verswak, gestremd of swanger is of nie na […]