Sportverslag met Anton

Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels alles oor die naweek se krieket, rugby en nog meer sport met Gerhardt. Luister weer:
Ondersoeke na drie mans afsonderlik doodgeskiet is

Die polisie ondersoek verskeie moordsake na drie mans in afsonderlike gevalle in Masoyi en Calcutta doodgeskiet is. Vrydagaand het drie gewapende verdagtes op ‘n man se voertuig buite ‘n taverne in Marite, Calcutta begin skiet. Hulle het ook binne die taverne skote afgevuur. Die aanvallers het die slagoffer gevolg toe hy vlug. Hy het buite […]
Hê ‘n hart vir Kersfees

Bekende en geliefde plaaslike kunstenaars span op 5 Desember by die Boulevard-teater saam om ‘n Kersproduksie met bekende Kersliedjies, maar ‘n nuutgeskrewe teks, op die planke te bring. Anne-Marie, Henry-John Williams, Willie Strauss en Natascha C gesels met Sonop Ontbyt oor Hê ‘n hart vir Kersfees. Luister:
Lowveld Live stroom sport

Lowveld Live fokus al hoe meer daarop om Laeveld sportgebeure te stroom. Hennie van der Linde vertel watter impak dit op toeskouers en deelnemers het. Luister weer: Môre en oormôre is hulle by die Father’s Ground Sewestoernooi by Laerskool Witrivier. Jy kan hier op Lowveld Live se webtuiste kyk.
Innibos gee terug en ondersteun Care for Wild

Innibos oorhandig vandag aan Care for Wild se personeel vellies en T-hemde. Naranda Leeuwner vertel meer oor dié uitreik om terug te gee aan die gemeenskap sowel as die fees se diverse opheffingswerk. Luister:
Kenner sê onverwerkte trauma kan bydra tot demensie

Dr. Rayne Stroebel is die stigter en besturende direkteur van Gerontological Research, Training, Education, and Caring (GERATEC). Hy bied konsultasiedienste aan mense wat met demensie gediagnoseer is en hul families, asook aan sorgverskaffers en organisasies. Hy sê hy vind dat onverwerkte trauma dikwels bydra tot die aanvang van demensie. Luister weer:
Mev. Mpumalanga vier 10de jaar

Jacques Lombard het 10 jaar gelede die Mev. Mpumalanga-kompetisie begin. Hy gesels met 100.5FM op die vooraand van die 2025 kroning oor die groei en impak van dié wedstryd. Luister:
Cure Day Mbombela bied slegs topgehalte sorg

Hierdie onderhoud is betaal deur die kliënt.
KANSA ondersteun jou só landwyd en gratis

KANSA bied ‘n reeks praktiese ondersteuningsdienste vir kankerpasiënte en hul geliefdes.
Tienjarige seun verdrink in Kwena-dam

‘n 10-jarige seun het gistermiddag by Kwena-dam verdrink. Volgens sy ma het die gesin visgevang en die kinders het naby die water gespeel toe hulle om hulp begin skree het. Die seun se pa kon een van die kinders red, maar Moeketsi Baadjie het ongelukkig verdrink. ‘n Polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, sê duikers van […]