ActionSA eis aksie oor Lily-myn amper 10 jaar later

ActionSA eis dat die Minister van Polisie en die Minister van Minerale en Petroleumbronne dringend rekenskap gee van die toenemende verspreiding van onwettige mynbou. Dit volg op die ontdekking van die liggame van twee mans by Lily-myn in Low’s Creek gisteroggend. Athol Trollip, ActionSA se Parlementêre leier, sê 10 jaar na die Lily-myn tragedie bly […]

Opdatering: Senteeko-damwal staan nog, maar struktuur versleg

Die Senteeko-damwal staan ​​tans nog, maar is nie stabiel nie. Volgens die De Kaap-besproeiingsraad is die struktuur besig om te versleg. ‘n Tegniese span van Gauteng is op pad om te help met die assessering van die situasie. Alle veiligheidswaarskuwings bly steeds van krag en diegene naby die betrokke riviere (Suidkaap en De Kaap), moet […]

Ramaphosa besoek Nkomazi te midde van oorstromings

Nog weerwaarskuwings is uitgereik vir Limpopo en Mpumalanga te midde van voortgesette oorstromings. President Cyril Ramaphosa het Nkomazi-munisipaliteit gister besoek om die omvang van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is en die regering se reaksie daarop te bepaal. In Mpumalanga staan die dodetal op 20. In Limpopo is dit 18 met soektogte wat […]

Kweek só veerkragtigheid

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die South African Council for Businesswomen (SACBW) se eerste netwerksessie vir 2026 met die tema: “The Resilient Leader”. Sy gesels met ons oor hoe belangrik dit is om veerkragtigheid te kweek. Luister weer: Bespreek jou plek by Donderdag se netwerkgeleentheid by [email protected].

Opdatering: Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer […]

Oorstromings 2026: Mbombela gelukkig

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots wat al sedert 2001 noukeurig boekhou van reënvalsyfers. Luister weer:

Aanhoudende swaar reën verhoog risiko van oorstromings en padsluitings

Aanhoudende swaar reën in Limpopo en Mpumalanga verhoog die risiko van wydverspreide oorstromings, vinnig vloeiende riviere en padsluitings.  Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gister ‘n rooi vlak 10-waarskuwing – die hoogste waarskuwing – uitgereik vir ontwrigtende reën in areas soos Maruleng, Phalaborwa, Giyani, Tzaneen, Letaba, Bosbokrand, Nkomazi en Mbombela.   ‘n Weervoorspeller, Abdul Ngcamu, sê 100 […]

(Nog ‘n) nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot ‘n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud as ‘n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning. Luister:  

Liggaam herwin na vrou in Msholozi verdrink

Die liggaam van ‘n vrou wat gisteraand vermis geraak het, is in Msholozi naby Witrivier gevind. Die polisie sê sterk strome het Esther Amina Mathenjwa (44) meegesleur toe sy tydens swaar reën ‘n vol rivier wou oorsteek. Haar liggaam is sowat 5 km stroomaf gevind ná ‘n gesamentlike soektog deur die polisie en gemeenskapslede. Owerhede […]

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park […]