Pumas klop Boland vir eerste Curriebeker-oorwinning

Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington Sondag. Dit was hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde […]
Luilekker Sondag: Mathew Gold

Die plaaslike musikant, Mathew Gold, was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag. Luister weer hier:
Nuwe wildeperd-vulletjie in Kaapsehoop verwelkom

Die Kaapsehoop-bewaringsgebied het vandag die geboorte van ‘n nuwe wildeperd-vulletjie aangekondig. Hy is die naweek gebore en deel van die Kaapsehoop Gasteplaas-trop. Hy is “Wald” gedoop. Die wildeperde-bevolking van Kaapsehoop is onder geweldige druk met getalle wat skerp gedaal het deels weens padongelukke, brande en stropery. Luister hier vir meer: Kaapsehoop-wildeperdetrop groei na kommer Die […]
Penryn-doelwagter skitter en haal nasionale span

Die Laeveldse sportgemeenskap vier ‘n belangrike mylpaal met Ulrich Reingrubber, Penryn College se uitmuntende doelwagter, wat gekies is om Suid-Afrika by die komende Jeug-Afrika-beker in Nairobi, Kenia, van 6 tot 8 Augustus te verteenwoordig. Hy het die ateljee saam met die uitvoerende hoof, Mike Eisen, besoek in die aanloop tot die skool se opedag môre. […]
KANSA ondersteun jou só landwyd en gratis

KANSA bied ‘n reeks praktiese ondersteuningsdienste vir kankerpasiënte en hul geliefdes.
Dít is hoekom brandblussers noodsaaklik is

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Armdruk ondergaan omwenteling

Nelspruit het weer die voorreg om die Nasionale Armdruk Kampioenskappe aan te bied op 8 en 9 Augustus. Yorinda Nel van die SA Armdrukfederasie vertel vir Sonop Ontbyt van onlangse verwikkelinge in dié sport. Luister weer:
Ruan Raath-gholfdag Vrydag gehou

Die gemeenskap het gereageer om Ruan Raath (36) te ondersteun na sy skaars kankerdiagnose. Sy suster, Chané Jacobs, en Systeco-kollega Jonathan Eastes gesels oor die gholfdag wat hulle Vrydag hou vir die mediese onkostes. Luister weer: Kontak Eastes by 072-987-2388 om betrokke te raak of ondersteun die BackaBuddy-veldtog hier: Help us Fight Alongside Ruan to […]
Tyd vir introspeksie na Pumas se tweede Curriebeker-nederlaag

Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel in die tweede ronde van die Curriebeker-premierafdeling die naweek. Afrigter Ruwellyn Isbell en spanbestuurder Sam Sikiwe sê vir Sonop Ontbyt individuele foute wat die span drie geelkaarte besorg het, het hulle bes moontlik die wedstryd gekos. Luister:
Tweelingbroers maak Uplands báie trots

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy ‘n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies […]