Brandgevaarindeks is hoog

Written by on August 21, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Weens die huidige weersomstandighede is die brandgevaarindeks baie hoog. Dit lei dan ook daarna dat alle brand-permitte tot verdere kennisgewing, in die Laeveld opgeskort sal wees. Lowveld Escarpment Fire Protection Association se bestuurder, André Scheepers, het gesê dat die belangrikste eienskap waaroor die gemeenskap nou moet beskik, is samewerking, en ‘n goeie gebeurlikheidsplan wat tot plaaslike brandbestryders se welslae sal bydra.

Scheepers het verder beklemtoon dat huidige warm, winderige en droë toestande bevorderlik is vir wegholbrande. Lefpa het intussen weer ‘n span na die toneel in Kaapsehoop gestuur om seker te maak dat die wegholvuur van verlede week, nie weer opvlam nie. Koeler weer word gelukkig later in die week verwag. Die oorsaak van die hewige brand verlede week, kon nog nie bevestig word nie. ‘n Privaat-instansie sal glo later bepaal wat die presiese oorsaak van die vuur was. Ongeveer 60 ha se plantasie en grasvelde is verwoes tydens dié brand.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?