Betogings naby Krugerhek maak pad ontoeganklik

Written by on July 11, 2019

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Besoekers wat Woensdag na en van die Nasionale Krugerwildtuin gereis het, kon nie deur die Krugerhek toegang tot die park verkry nie. Dit was weens betogings deur die plaaslike gemeenskap, het SANParke in ‘n verklaring bevestig.
Die protesaksie het rondom die Cork Trust-omgewing, op die R536-pad, wat na die Krugerhek lei, plaasgevind.
Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het aan News24 gesê die betogers is nie werknemers van die wildtuin nie en dat die verklaring as ‘n voorsorgmaatreël vir besoekers uitgereik is. Phaahla het voornemende besoekers aangeraai om van alternatiewe hekke, soos Phabeni en Numbi-hekke, gebruik te maak tot verdere kennisgewing. Phaahla het egter bevestig dat die Krugerhek wel teen Donderdag oop en toeganklik was.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Current track

Title

Artist

Background