Beplande kontant-in-transito laat twee beseer

Written by on May 31, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee mans is gister tydens ‘n poging tot transito-in-kontant rooftog, in Langeloop, Mpumalanga beseer. Die geldwa was op pad na die nabygeleë dorpie Kamhlushwa toe ‘n wit Toyota-bakkie en ‘n BMW dit agtervolg en van die pad probeer dwing. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Die veiligheidswagte het glo ook versnel en met ‘n Toyota Corolla, wat van die teenoorgestelde rigting gery het, gebots. Ná die botsing het die Toyota-bakkie en die BMW, waarin 15 gewapende verdagtes was, by die geldwa gestop en die veiligheidswagte ontwapen. Bhembe het gesê hul voorneme was glo om plofstof te gebruik, maar voordat hulle kon voortgaan, is hulle deur die polisie betrap. Hulle kon daarin slaag om te vlug. Twee insittendes in die Corolla is beseer en hospitaal vervoer vir behandeling.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?