n’ Bejaarde vrou oorleef mesaanval op plaas

Written by on November 23, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Bejaarde vrou is gehospitaliseer nadat sy tydens ‘n plaasaanval herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Die slagoffer – in haar laat sestigs – is na bewering ook met ‘n stoel aangerand, en glo herhaaldelik geslaan. ‘n Foto van die bebloede slagoffer het gister op sosiale media gesirkuleer maar 100.5FM kon eers vanoggend die voorval bevestig. Dit het glo reeds Woensdag plaasgevind. Die aanval het in haar huis op ‘n wildslandgoed net buite Nelspruit, gebeur.  Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het die voorval bevestig.

Twee mans het glo tydens die vroeë oggendure in haar huis ingebreek. Hulle het slegs met ‘n selfoon en tablet gevlug na die aanval. Die slagoffer is na Rob Ferreira Hospitaal vervoer nadat Hi-Tech Sekuriteit se mediese dienste haar op die toneel gestabiliseer het. Die foto is intussen van sosiale media verwyder.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?