Author: robin

http://www.radiolaeveld.co.za/wp-content/uploads/2018/04/VID-20180413-WA0015.mp4

‘n Bende rowers het ‘n kontant-in-transito voertuig van Fidelity vanoggend in die omgewing van Pienaar net buite Nelspruit van die pad gedwing en van ‘n onbekende bedrag geld geroof. Op die stadium is dit nie seker of iemand in die rooftog beseer of aangekeer is nie. Geen verdere besonderhede is beskikbaar.

0 1

March 30, 2018

Tailor het in 2018 na Londen verhuis, nadat sy voor duisende mense opgetree het by die ikoniese Hammersmith Apollo as deel van Johnny Clegg se Final Journey-toer. Britse aanhangers het sedertdien hierdie onkonvensionele kunstenaar se werk gevier met optredes by die bekroonde Bedford in Balham wat vir Ed Sheeran bekend gemaak het, die gewilde Halfmoon […]

PLAASLIKE NUUS: Tydens die afgelope week is daar in amper 30 voertuie in die Nelspruit-gebied, ingebreek. 24 van die voorvalle was as gevolg van die voertuig-eienaar se nalatigheid. Waardevolle items soos selfone, handsakke en skootrekenaars was in die bogenoemde voertuie gelos. Wat egter kommerwekkend is, is die feit dat meeste van hierdie items weggesteek was […]

Die 100.5FM algemene jaar vergadering vind by die Protea Hotel Nelspruit op Dinsdag 27 Maart 2018 om 18h00 plaas. Die afgelope 15 maande word in oënskou geneem en terugvoer oor die algemene bedryf van die stasie as nie-winsgewende organisasie word aangebied. Hiermee word alle belanghebbendes genooi om die vergadering by te woon waar daar ook […]

0 0

March 24, 2018

100.5Fm moet volgens ons lisensievoorwaardes elke vyf jaar weer aansoek vir dieselfde lisensie doen. Ons gaan vanjaar ook aansoek doen vir ‘n beter sein in die uitsaai gebied. As deel van die aansoek wys ons graag ons ondersteuning uit die Laeveld gemeenskap. Hiermee versoek ons graag dat jy, as jy ‘n besigheid, organisasie of selfs […]

PLAASLIKE NUUS: ‘n Bende verdagtes het Donderdag waardevolle besittings uit toeriste se voertuig gesteel. Die voertuig was op die brug by die Kruger Nasionale Park se Malalane-hek parkeer, en die insittendes was besig om na diere te kyk toe die voorval gebeur. Dit is nie die eerste keer dat so ‘n insident hier plaasvind nie. […]

NUUS: ‘n Vragmotor wat vanaf Mpumalanga op pad na Kaapstad toe was, is gekonfiskeer nadat dagga ter waarde van 36 miljoen rand in die trok gevind is. Drie verdagtes, 34, 36 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem. Brigadier Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê die totale gewig van die dagga is 244kg. Die vragmotor […]

#SplinterNuut op jou radio die week: Waldo Greeff is ‘n sanger en liedjie skrywer uit Suid Afrika. Hy woon en werk tans as laerskool-onderwyser waar hy Engels in Qatar aanbied. Waldo het ‘n B.Mus Graad in 2009 by die Universiteit van Pretoria verkry waar hy in Musiek Komposisie, Musiek Tegnologie en Musiek Onderrig gespesialiseer het. […]

’n Nuwe album sonder tierlantyntjies vir DZL Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, REALITEIT, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel. DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album […]


Current track

Title

Artist

Background