Author: RL Admin

Page: 10

Mpumalanga-owerhede het bevestig dat ondersoeke na ‘n beweerde rasse-aanval – waar een man dood is – steeds voortduur. Dit is ten spyte van die vrylating van vier verdagtes wat vroeër in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Verlede week het videobeelde wat ‘n geveg tussen twee groepe mense in ‘n stil straat in […]

Meer as honderde grondbesetters het Sondag probeer om ‘n plaas in Plaston te beset. Agt mense is in hegtenis geneem weens beweerde oortreding, brandstigting en kwaadwillige beskadiging van eiendom, het kolonel Motsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, bevestig. Die eienaar van die plaas het aan 100.5FM gesê dat hulle van die kerk gekom het toe hulle gesien het […]

Vier vermeende stropers is die afgelope naweek in die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem. Ike Paahla, KNP-woordvoerder, het bevestig dat daar Saterdag drie verdagtes, en Sondag een verdagte gevang is. Laasgenoemde was deel van ‘n groep van drie wat deur die wildbewaarders en honde-eenheid agtervolg is. Die verdagtes het glo in ‘n trop olifante […]

‘n Veldwagter is doodgeskiet toe sy eenheid ‘n bende stropers in die Kruger Nasionale Park gekonfronteer het. SANParke het die man se dood bevestig, maar het gesê sy identiteit kan nie vrygelaat word voordat sy familie ingelig is nie. Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, het gesê die veldwagter en sy kollegas het kontak gemaak met […]

’n 51-jarige vrou – en ma van vier – is hierdie week in haar huis in Witbank vermoor. Letitia Jacobs is vermoedelik verwurg, en polisie vermoed ook dat sy seksueel aangerand is. Die voorval het Dinsdag tussen 11:00 en 12:00 by Jacobs se huis plaasgevind. Jacobs is na bewering etlike maande voor die moord, vantevore […]

Die polisie in Mpumalanga soek na onbekende verdagtes wat die naweek twee voertuie by die Eastvaal Ford Garage in Secunda gesteel het. Die verdagtes het glo toegang tot die perseel verkry deur die motorhuis. Die motorhuisslotte is na bewering gebreek. Twee wit Ford Rangers met registrasienommers: HK 86 HL GP, en HCY 239 MP is […]

Drie verdagtes wat voor die Nkomazi streekshof verskyn het vir die besit van dagga, het elkeen borgtog van tweeduisend rand gekry. Die drie mans, Mpostol Nkuna, John Khoza en Thandazile Mathebula is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie gekompakteerde dagga-balle in hulle voertuig gevind het. Die polisie het nog agt verdere saamgeperste dagga-balle aan […]

Die Mosambiekse regering het meer as 33,4 miljoen meticais gespaar, danksy die implementering van ‘n program wat tronk- en bewaardings-instellings omskep in voedselproduksiesentrums. Volgens die minister van justisie, konstitusionele en godsdienstige sake, Joaquim Veríssimo, is die program nou ‘n realiteit in alle soortgelyke sentrums. Veríssimo het gesê dat op hierdie plekke is produksie van graan, […]

Verskeie gevangenes in die Barberton maksimum sekuriteit tronk is op heterdaad betrap met onwettige middels, onder andere dwelms. Dit volg na ‘n gesamentlike operasie tussen die Departement van Korrektiewe Dienste en die Mpumalanga Openbare Orde Polisiëring-groep. Dwelms en ander onwettige produkte word deur vriende, familielede en korrupte bewaarders in die tronk ingesmokkel. Woordvoerder Hlungwani Mesia […]

Die vyf mans wat beskuldig word van die moord van Komatipoort-man, Deon de Bruyn en die poging tot moord van Estelle Jansen, sal in die polisie se aanhouding bly. Derrick Makamo, Rawun Mhlanga, Sifiso Madonsela, Solomon Msimango en Oscar Chauke is op 17 Junie net ná die aanval op die Simonsvlei-plaas in die Strydomblok in […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?