Kenner sê onverwerkte trauma kan bydra tot demensie

Dr. Rayne Stroebel is die stigter en besturende direkteur van Gerontological Research, Training, Education​,​ and Caring (GERATEC). Hy bied konsultasiedienste aan mense wat met demensie gediagnoseer is en hul families, asook aan sorgverskaffers en organisasies. Hy sê hy vind dat onverwerkte trauma dikwels bydra tot die aanvang van demensie. Luister weer:

Mev. Mpumalanga vier 10de jaar

Jacques Lombard het 10 jaar gelede die Mev. Mpumalanga-kompetisie begin. Hy gesels met 100.5FM op die vooraand van die 2025 kroning oor die groei en impak van dié wedstryd. Luister: 

Tienjarige seun verdrink in Kwena-dam

‘n 10-jarige seun het gistermiddag by Kwena-dam verdrink.  Volgens sy ma het die gesin visgevang en die kinders het naby die water gespeel toe hulle om hulp begin skree het. Die seun se pa kon een ​​van die kinders red, maar Moeketsi Baadjie het ongelukkig verdrink. ‘n Polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, sê duikers van […]

Feed the Need se Kersfees-projek bars uit sy nate

Feed the Need se Kersfeesprojek het so gegroei dat hulle vanjaar vir meer as 1,200 behoeftige kinders Kersgeskenke kan gee. Lucille de Villiers en Crystal Joubert sê dit is alles deur die gemeenskap se ondersteuning moontlik gemaak. Luister:

Borgtog vir vermeende onwettige sigarethandelaar in West Acres

‘n Bangladesjiese man wat Donderdag by sy supermark in West Acres, Mbombela, gearresteer is ingevolge die Doeane- en Aksynswet is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga Valke is Shahinoor Rahman (45), wat ‘n tydelike asielsoeker is, in besit gevind van bokse onwettige sigarette van verskeie handelsmerke. Hy kon glo nie ‘n koopbewys […]

Instrumentvlugprosedures weer operasioneel by KMIA

Air Traffic & Navigation Services (ATNS) instrumentvlugprosedures, wat vlieëniers toelaat om te land in swak sigbaarheid, is deur die Burgerlugvaartowerheid goedgekeur vir gebruik by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe. Dit na vlugte ontwrig is omdat vlieëniers, weens die opskorting van die instrumentvlugprosedures, nie in reënweer by die lughawe kon land nie. Volgens Mphilo Dlamini, ATNS se […]

Tien mense sterf in twee afsonderlike padongelukke

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het kommer uitgespreek oor die aantal padsterftes in die provinsie. Dit volg na tien mense die naweek in twee afsonderlike ongelukke dood is. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê vier mense is Saterdag op die N12 dood. Gister het ses mense gesterf toe ʼn voertuig en ʼn […]

Hanteer eksamenstres beter met hierdie wenke

Die matriekeindeksamen het afgeskop, maar natuurlik is dit nie slegs gr. 12-leerders wat sukkel met eksamenstres nie. Penryn se maatskaplike werker, Christel van Tonder, sê dit is soms vir gr. 8- en gr. 11-leerlinge erger. Sy deel raad wat ook ouers kan help om hul kinders te ondersteun. Luister: