Man vasgetrek met 582 paspoorte in sy besit

‘n 43-jarige man van Zimbabwe het vandag in die Waterval Boven-hof verskyn na sy arrestasie Maandag. Volgens die Mpumalanga polisie was Edward Chitaizvi in besit van 582 paspoorte en R147,300 se kontant toe wetstoepassers sy voertuig onderskep het. Hul ondersoek dui daarop dat hy op pad was om iemand te ontmoet om die paspoorte te […]

Mbombela stel Maandag amnestieperiode in vir elektrisiteitsmeters

Die DA-koukus in die Mbombela-stadsraad verwelkom die aankondiging dat ‘n amnestieprogram vanaf 15 Desember geïmplementeer sal word. Dit sal inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word. Terwyl die implementering vertraag is, is talle huishoudings egter verkeerdelik ontkoppel en beboet. Die DA glo dat die druk […]

Vryemarkstigting het plan teen geweldsmisdaad

Niemand blyk ‘n daadwerklike plan te hê oor hoe om die hoë vlakke van geweldadige misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie. Die Vryemarkstigting het voorstelle. Dit is radikaal, maar grondwetlik, sê Martin van Staden, die hoof van beleid, maar daar is geen politieke aptyt voor nie. Luister:  

Man wat polisiebeampte-vrou glo vermoor bly in aanhouding

misdaad

Die man wat in hegtenis geneem is weens die moord op sy polisiebeampte-vrou in Ntunda naby Tonga verlede week, het gister weer in die Nkomazi-landdroshof verskyn. Sipho Ngomane (48) het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak na sy arrestasie weens huishoudelike geweld waartydens hy na bewering sy vrou doodgesteek het met ‘n mes. Volgens die Mpumalanga […]

Wees op die uitkyk vir motorfietse

Motoriste is nie gewoond daaraan om op die uitkyk te wees vir motorfietse nie. Johan du Plessis en Francois Neuhoff van Lowveld Motorcycle Training & Country Tracks vra: “Look twice for bikes”. Luister hier:      

TRAC gereed vir vakansieverkeer

TRAC berei voor vir ‘n aansienlike toename in verkeer op die die Maputo-korridor, wat Gauteng, Mpumalanga en Maputo verbind soos die feestyd nader kom. TRAC het verskeie maatreëls geïmplementeer om verkeersvloei op die N4 te bestuur en padveiligheid te verbeter. Alle TRAC N4-tolplazas sal gedurende geïdentifiseerde spitsdatums ten volle beman wees om die verwagte toename […]

Honderde stuks wild uit Marloth Park verskuif

Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder en na Balule-wildreservaat in Hoedspruit verskuif. Soveel as 600 rooibokke, 150 koedoes, 150 vlakvarke, 80 bosbokke, 45 sebras, 40 wildebeeste en 20 kameelperde is verwyder. Foto’s ter illustrasie: Ruth Smit   Cindy Benson, die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, vertel hoe […]

Man steek glo ander met skêr weens beweerde diefstal

‘n Man is vanoggend hospitaal toe geneem na hy in Ehmkestraat naby Blue Gate in Mbombela ineengestort het. Volgens Callum Mac Pherson van Securicon was een van hul lede in die omgewing toe die man om ongeveer 10:55 skreeuend uit die Villlage-parkie te voorskyn kom. Hy het op die hoek van Ehmke- en Ferreira-strate op […]