Author: lande

Page: 9

‘n Middelburgse ma van drie kinders het skuldig gepleit op klagtes van verkragting, kinderverwaarlosing en die versuim om seksuele misdrywe aan te meld. Middelburg Observer het berig dat haar agtjarige dogtertjie glo gereeld deur die kind se pa verkrag is en nooit skool toe gestuur nie. Sy is met bebloede boutjies gevind. Met owerhede se […]

‘n Mpumalanga taxi-bestuurder, Isaac Sello Letsoalo, is in die provinsie doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, het polisie op patrollie op Letsoale afgekom waar hy in ‘n Volkswagen Polo Vivo langs die pad gesit het. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die vermeende moordenaars in ‘n wit […]

Dansers van Surané’s Dance Academy het by die onlangse Internasionale Beeldende Kunstevereniging-kompetisie – wat die afgelope naweek in Middelburg plaasgevind het – baie goed presteer. ‘n Hele paar trofeë is terug Laeveld toe gebring. Nelspruiters Jozanne Munnik en Olga Erasmus, het beide eerste in ballet geplaas, terwyl spanmaat Kayle du Plessis ook met ‘n goue […]

Die tweede jaarlikse Lowveld Showjumping Challenge het die afgelope naweek by Nottinghill Equestrian Centre in Witrivier, plaasgevind. Die hoogtepunt was toe Hanelize Kamffer op Shadow Fly, oor ‘n reuse 1,60-meter-sprong gespring het. Die uitdagingstrofee vir die hoër klasse is deur Natasha White op Only You, gewen. Die laer-graad-trofee is deur John Middlemiss gewen, met Francois […]

Dit maak nie saak of jy wen nie,  so lank jy net elke keer alles gee. Dit is die leuse van die Hoërskool Nelspruit-krieketafrigter, Sifiso Mahima. Sifiso hou nie van krieket nie, hy is mal oor dit! Soveel daarvan het hy in die Laeveld ‘n loopbaan daaruit gemaak het. Wat hy die meeste van die […]

Noluthando Masango, wat tydens ‘n tradisionele seremonie in Mpumalanga ontvoer is, se lyk is in ‘n vlak graf gevind. Dit volg nadat haar gesin die ontvoerders se spertyd – om ‘n 5000 rand losprys vir haar vrylating te betaal – gemis het. Die sesjarige het Saterdag verdwyn terwyl hulle ‘n tradisionele seremonie bygewoon het. Masango […]

Die skietdood van ‘n Kruger Nasionale Park-wildbewaarder – die eerste in meer as 50 jaar – deur beweerde renosterstropers, toon die gevaar wat bewaarders daagliks in die gesig staar. Dit is volgens Edna Molewa, minister van omgewingsake. Molewa het Saterdag saam met SANParke se uitvoerende hoof, Fundisile Mketeni, en ander SANParke-topamptenare in Bosbokrand bymekaar gekom. […]

Die watervlakke in die Mpumalanga-provinsie se damme en opvangsgebiede bly daal. Volgens die verslag van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se weeklikse toestand van reservoirs, het die gemiddelde damvlakke van 79,9 persent tot 79,5 persent gedaal. Al die groot damme in die provinsie het ‘n afname in die hoeveelheid water gestoor, aangeteken. In […]

Drie mans en ‘n vrou het gister voor die Secunda-streekshof verskyn op aanklagte van ontvoering, moord, en poging tot moord, het die polisie in Mpumalanga gesê. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê Seyikabi Wilson, Jingo Wassua, Njombozi Katiti en ‘n vrou, Lydia Mojemba, het na bewering ‘n 20-jarige swanger vrou ontvoer en ‘n gedwonge beëindiging […]

Die De Beers-groep het 200 olifante eenduisend 500 kilometer – vanaf sy Venesië Limpopo-natuurreservaat in Suid-Afrika – na Mosambiek vervoer. Die operasie, een van die grootste olifant-verskuiwings wat ooit in Suid-Afrika aangeteken is, is deel van ‘n groot bewaringsinisiatief om die welsyn van wildlewe in Suid-Afrika te beskerm. Dit sal ook help om Mosambiek se […]


Current track

Title

Artist

Background