Author: lande

Page: 8

Die Suid-Afrikaanse man, André Hanekom, wat Woensdag in Palma in Noord-Mosambiek ontvoer is, is gisternag gevind. Volgens sy vrou Francis, is hy in’n nabye dorp in ‘n hospitaal gevind. Hy is deur die ontvoerders in die arm geskiet. Vier mans met klapmusse aan het die 60-jarige Hanekom agtervolg en uit ‘n hotel ontvoer, waarna hulle […]

Twee mans wat skuldig bevind is aan renosterstropery Kruger Nasionale Park, is deur ‘n Limpopo-hof gevonnis. Joseph Molapo en Sebastian Mbhombhi is elk deur die Saselamani streekshof, vir 15 jaar tronk toe gestuur. Die twee stropers, saam met ‘n derde medepligtige, het die park onwettig binnegegaan met die doel om renosterhorings te jag. ‘n Skietgeveg […]

Die Kruger Nasionale Park se bestuur en personeel het ‘n seremoniële geleentheid gehou om hulde te gee aan hulle wildbewaarders. Dit was ter viering van Internasionale Wildbewaardersdag. Die hoogtepunt van die seremonie was ‘n huldeblyk aan veldwagter Respect Mathebula, wat op 19 Julie 2018 in ‘n kontak met ‘n stropery-groep doodgeskiet is. Hy is onthou […]

Die Mpumalanga departement van gesondheid het ‘n verklaring uitgereik dat daar vermoedelik ‘n diarree-uitbraak in die Ehlanzeni-omgewing is. Dit volg nadat twee mense dood is, en 10 mense by die Rob Ferreira-hospitaal opgeneem is. Volgens die departement, het voorlopige resultate van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes getoon dat daar fekale materie in die water […]

Die Nelspruit-polisie het onthul dat ander landswye sake moontlik verband kan hou met die moord op die bejaarde Hetta Potgieter. Die 85-jarige ouma is ‘n paar weke gelede by die Macadamia Care Center in Nelspruit vermoor. Luitenant-kolonel Erhard Stroh het in die hof getuig dat die drie beskuldigdes moontlik met ander moorde in die land […]

ʼn 91-jarige man van Mpumalanga, wat daarop aanspraak maak dat hy ʼn tradisionele geneser is, het twaalf lewenslange vonnisse ontvang vir verkragtings van meer as ʼn dekade gelede. Die Streekshof op Carolina het bevind dat Johannes Malinga jong kinders wat na hom gebring is om genees te word, seksueel aangerand het. Hy is ook tot […]

Mosambiek se regering het bosbouhervormings ingestel en ‘n memorandum van verstandhouding met China onderteken om die uitvoer van hardehout te beheer en onwettige ontbossing te stop. Mosambiek het reeds sedert 2000 sowat 3 miljoen hektaar, sowat 10 persent van sy woude, verloor. Volgens Global Forest Watch, is dit as gevolg van ‘n hewige Chinese aanvraag […]

SANParke sal die 10de jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek vanaf 10 tot 14 September aanbied. Dié fokusweek is ‘n wêreldwye veldtog wat mense gratis toegang tot die natuur se skoonheid van die land bied. Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het gesê dat die week – in vennootskap met Total South Africa en FNB – bedoel […]

Eskom sê dat steenkoolvragmotors vanoggend gekaap is, en werknemers by sommige kragstasies deur betogers geïntimideer is. Dit volg glo nadat sommige werkers ongelukkig is oor die voortdurende geskil tussen Eskom en vakbonde oor bonusbetalings. Woordvoerder Khulu Phasiwe, het bevestig dat daar vanoggend by die Duvha-kragstasie in Mpumalanga protesaksies begin het. Hy het gesê alle bewegings […]

Owerhede in Mpumalanga het hul kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van jong meisies wat in die provinsie ontvoer word. Dit volg ná die moord van die sesjarige Noluthando Masango. Masango het verlede Saterdag verdwyn terwyl sy en haar ouma ‘n tradisionele seremonie bygewoon het. Haar familie het ‘n sperdatum om ‘n 5 000 rand […]


Current track

Title

Artist

Background