Author: lande

Page: 3

Drie verdagtes is gistermiddag tydens ‘n gesamentlike operasie – tussen Nelspruit misdaadbevegters – in hegtenis geneem. Dit volg na hulle glo ‘n toeris in ‘n winkel, van haar bankkaart beroof het. Hulle het die toneel in ‘n huurvoertuig gevlug. Nadat die voertuig na die ontmoetingsplek gevolg is, is ‘n ander voertuig, wat vermoedelik betrokke was […]

Eskom is besig om ‘n katastrofiese steenkooltekort te ondervind, wat glo gaan vererger namate die reënseisoen in Mpumalanga naderkom. Die nasionale kragverskaffer is in die middel van talle operasionele rampe, wat strek van dreigende finansiële ineenstorting, tot die plaag van voortdurende wanadministrasie. Tog kom die moeilikste probleme in die vorm van ‘n ernstige steenkooltekort, wat […]

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het Maandag die veroordeling van ‘n renosterstroper tot 33 jaar tronkstraf,  deur die Skukuza-streekhof in die Kruger Nasionale Park, verwelkom. “Patrick Nkuna is in 2015 in die (KNP) Pretoriuskop-omgewing in hegtenis geneem tydens ‘n uitgebreide grond- en lugopvolg-anti-stropery-operasie. Kort voor die arrestasie van Nkuna en sy medepligtiges het hy probeer […]

Twee verdagtes het voor die Lydenburgse streekshof verskyn, vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die hantering van onwettige dwelms. Dit volg nadat die polisie verlede week ‘n “veiliger feesseisoen-operasie” gedoen het. Die polisie het ‘n wenk oor die beskuldigdes opgevolg, waarna die inhegtenisnemings gemaak is. Dwelms, met ‘n beraamde straatwaarde van ongeveer veertigduisend […]

‘n Laeveld-inwoner is die naweek ernstig beseer in ‘n motorfietsongeluk. Divergent Ops reaksie-offisier, Johan Rossouw, het op die R40-pad vanaf Witrivier na Nelspruit gery toe ‘n bakkie glo voor hom indraai. Die ongeluk het by die afdraai na die Mpumalanga Universiteit gebeur. Rossouw het die bakkie aan die kant getref en is oor die voertuig […]

‘n Portugese sakeman is gister naby Maputo, dood gevind. Dit volg nadat hy ontvoer is en die losprys betaal is, het die Portugese minister van buitelandse sake, José Luís Carneiro, gesê. Die amptenaar het gister aan die nuusagentskap van Lusa gesê dat die slagoffer ‘n entrepreneur was, met ‘n ouderdom van omtrent 50 jaar. Hy […]

Mnr Jannie Hesselink, Vise-President van die SA Sport en Jag Federasie, was tydens die onlangse prysuitdeling, vol lof vir Mpu Laeveld, veral oor die goeie gesindheid van die lede tydens kompetisies. Die jongste lid, NB Human (7) was die jongste deelnemer by die Nasionale Kampioenskappe vanjaar en het sy toekenning ontvang vanaf die oudste lid, […]

“Dankbaarheid vir jou Godgegewe talente.” Dít is hoe die Puma-rugbykaptein Hennie Skorbinski sy rugbyloopbaan en nuwe uitdaging as afrigter by Hoërskool Nelspruit (NHS) sy benadering tot die sport opsom. ‘n Nuwe seisoen sal in 2019 vir Hennie en NHS aanbreek wanneer hy die plek van voormalige Puma-spanmaat Corné Steenkamp as rugbyafrigter by die skool in […]

Die Mpumalanga-departement van gesondheid het Dinsdag gesê dit het ‘n interne ondersoek ingestel na die dood van twee babas. Dit volg na die vroeggebore babas by die Shongwe-hospitaal in Nkomazi dood is. Departementshoof Dumisani Malamule het aan die African News Agency (ANA) gesê daar was oorspronklik vermoed dat die babas aan ‘n gebrek van suurstof […]

Stropings-voorvalle op leeus in privaat wildreservate in Mpumalanga en Limpopo, is ‘n nuwe en ernstige gevaar vir hierdie groot katte. Leeus word alreeds ernstig bedreig deur die vernietiging van habitat. Daar is nou minder leeus oor as olifante. Kris Everatt, van die wêreldwye wildekat-bewaringsgroep Panthera, het gesê dat dit het regtig vinnig gebeur in Mosambiek, […]


Current track

Title

Artist

Background